Die immergewilde Wellingtonse ATKV-gesinstak se Sutherland-toer word vanjaar die 17de keer aangebied.
Groot opgewondenheid heers reeds en mense skarrel al vir kaartjies.
Die oornagtoer is Saterdag en Sondag 18 en 19 Julie en kos R1 650 per persoon. Dit sluit busvervoer, verblyf, toegang tot die Sterrewag, ’n ontbytpakkie op die bus, ’n ligte middagete, ’n groot aandete en ontbyt in die Sutherland-hotel in.
Die bekende Willie Koorts van RSG se Sterre en Planete sal die toerleier wees.
Besprekings kan gedoen word by Jenny Hanekom by 078 765 2638 of per e-pos by jennyhanekom2@gmail.com.