Die MOTH-klub, Komesho Shellhole in Wellington, het onlangs sy tweede jaarlikse gholfdag by die Wellington-gholfklub gehou. Die wenners was Ruben Dreyer, Johan Janse van Rensburg, Quintin Cornelissen en Herman Basson. Ongelukkig het niemand die prysgeld van R100 000 vir ’n kolhou op die agtste putjie gewen nie. Die bestuur van die Shellhole het die borge bedank en gesê dat hulle gewis van die opbrengste van die gholfdag in die gemeenskap sal terugploeg. Enigiemand wat navrae rakende die plaaslike MOTH-klub het, kan Schalk Bruwer by 082 820 0875 bel.Foto: