’n Skoleatletiekbyeenkoms is op 6 Oktober op die Hoër Jongenskool Paarl se Buco-Brugstraat-sportterrein gehou waar 14 van die land se beste atletiek-skole meegeding het.Foto: Ernest Kilowan


Die Hoër Jongenskool Paarl – in die volksmond bekend as Boishaai – het Donderdag 6 Oktober sy eerste Noord-Suid-Top14-atletiekbyeenkoms in die Paarl aangebied, wat met trots deur C2M Chartered Accountants Inc geborg is.

Die noorde en suide is deur skole van oor Suid-Afrika heen verteenwoordig. Die skole wat die suide verteenwoordig het, was die Hoër Jongenskool Paarl; die Hoër Landbouskool Oakdale; Paul Roos Gimnasium; die Hoër Landbouskool Boland; die Hoërskool Gimnasium Paarl; die Hoërskool Stellenberg en die Hoërskool Fairmont.

Die skole wat die noorde verteenwoordig het, was die Hoërskool Zwartkop; Prestige College; die Hoërskool Randburg; Curro Hazeldean; die Hoërskool Waterkloof; Grey Kollege en Helpmekaar Kollege.

Die suidelike skole het in die byeenkoms koning gekraai met 18 012 punte teenoor die noordelike skole se 17 678 punte.

You need to be Logged In to leave a comment.