Altesaam 40 tweedejaarstudente wat sportbestuur aan die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) se Wellington-tak studeer, het vir die afgelope jaar elke Dinsdag by die vereniging vir mense met gestremdhede (ADP) aangemeld om hul prakties te voltooi. Verlede Vrydag het die groep ’n suksesvolle sportdag met die lede van ADP gehou. Die studente het gedurende die jaar denims en ook sporttoerusting vir die organisasie ingesamel. Die studente wil graag almal bedank wat gehelp het om van dié dag ’n sukses te maak. Foto: Devidean Moses