Daar wag ’n groot stryd in Wellington.
In wat ’n aksiebelaaide opwarmingswedstryd vir vanjaar se Super-rugbyreeks behoort te wees, pak aartsvyande die Stormers en die Bulls mekaar. Hierdie opwindende kragmeting sal 3 Februarie by die Boland-stadion plaasvind. Die afskop is 16:00.
Volgens ’n verklaring wat Dinsdag deur die Blou Bulle-rugbyunie uitgereik is, moes dié wedstryd, wat in Los Angeles gespeel moes word, “gekanselleer word weens kwessies rakende die ooreengekome oorplasings en logistiek”.
Die program vir die dag is soos volg:
11:00 Hekke open
12:15 Boland-elitespan vs. Westelike Provinsie
13:50 Robertson-rugbyklub vs. Wesbank-rugbyklub
16:00 Vodacom Bulls vs. DHL Stormers
Kaartjies is by Webtickets, Pick n Pay of by die hekke beskikbaar.
Besoek www.webtickets.co.za. Kaartjies vir volwassenes is R100 per persoon aanlyn by Webtickets of by Pick n Pay of R120 by die hek.
Skoliere betaal R75 per leerder aanlyn by Webtickets of by Pick n Pay of R80 by die hek.