’n Groot behoefte het onlangs oor die veiligheid by die Wellington-polisiekantoor ontstaan. Volgens Wag/Stopmisdaad is die hekke waardeur voertuie by die aanklagkantoor moes ry al jare lank buite werking. Lede van wyk 2 van Wellington en WAG/Stopmisdaad het geld ingesamel om die hekke te herstel asook ’n nuwe interkom te laat installeer. Van links is Francois Theron (WAG/Stopmisdaad), kol. Johan Barkhuizen (stasiebevelvoerder), raadslid Hentas Kotze (wyk 2, Wellington) en Stephan Landsberg (wyk 2 asook Veiligheid/WAG/Stopmisdaad).