Die Eugène Marais-stigting woeker weer met laerskole in Paarl se talent.
’n Dramaslypskool onder leiding van dr. Rina Steyn en Nicolette van Rensburg is onlangs met groot sukses aangebied.
Die slypskool is een van ’n reeks slypskole wat deur die Eugène Marais-stigting georganiseer word om letterkundige vaardighede in kinders te ontwikkel.
Die slypskole word aangebied op die perseel waar die digter en “wonderwerker” Eugène Marais sy matriek geskryf het. Daar bestaan ’n groot behoefte aan Afrikaanse gedigte, dramas en stories, veral in die ouderdomsgroep van 12 tot 13 jaar. Die slypskole is daarop gemik om hierdie kinders te help skep en skryf. Kinders in hierdie ouderdomsgroep word gehelp om hul eie behoeftes binne hul verwysingsraamwerk te verwoord.
Vir meer inligting oor die Eugène Marais-stigting en waarmee hulle besig is, besoek die webtuiste www.eugene-marais.org.za of stuur ’n e-pos na nicolette@eugene-marais.org.za.

