Stem vir Miss Petite

Michelle Nel (14), ’n gr. 9-leerder by Hoër Meisieskool La Rochelle, is aangewys as ’n finalis vir Miss Petite Teen SA 2017, wat plaasvind in Pretoria van 4-8 April. Sy was ook ’n finalis vir Face of South Africa wat deel vorm van Miss Petite Teen SA


Michelle Nel (14), ’n gr. 9-leerder by Hoër Meisieskool La Rochelle, is aangewys as ’n finalis vir Miss Petite Teen SA 2017, wat plaasvind in Pretoria van 4-8 April. Sy was ook ’n finalis vir Face of South Africa wat deel vorm van Miss Petite Teen SA.

Hierdie skoonheidskompetisie is onder andere daarop gemik dat finaliste aktief betrokke is by liefdadigheidsprojekte. Michelle spits haar toe op: CHOC – Childhood Cancer Foundation SA.

Sy het versamelpunte by La Rochelle geplaas waar sy met behulp van leerders 500 kos-items kon insamel vir CHOC: Mimi Woman – Sy was gasvrou waar sy ontbyt gehou het om mense bewus te maak van meisies wat nie skool bywoon as gevolg daarvan dat hulle nie sanitêre produkte kan bekostig nie; Holy Cross Kinderhuis – Sy het die Santa Shoe-boks projek ondersteun en het ook twee kindertjies “aangeneem” om vir hul ’n geskenkie en lekkergoed- pakkie te neem op hul verjaarsdag; desk bags – Om mense bewus te maak van leerlinge wat nie tafels en stoele het in skole nie. Sy bemark boeksakke vir hierdie projek wat as tafel ook kan dien; Sy is ook betrokke by Andrew Murray kinderhuis in Wellington, asook by Cupcakes 4 Kids with cancer. Plaaslik ondersteun sy vir Ribbon 4 Roses waar sy klere aan die brandslagoffers geskenk het tydens brande in Paarl.

Sy het ook al teddiebeertjies vir kinders in Paarl-hospitaal uitgedeel en is betrokke by Magda se Sopkombuis. Paarliete kan haar ondersteun deur MPT08 te SMS na 47018.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.