Die jaarlikse Waterblommetjiefees, wat by die Rhebokskloof-wynlandgoed en Windmeul Kelder in Agter-Paarl gehou is, het uit sy nate gebars met besoekers van heinde en ver wat op die fees van formaat, heerlike kos en wyn, asook vermaak, toegesak het. By Windmeul het 15 spanne weer van vroegoggend af die vure vir die jaarlikse waterblommetjie-potjiekos-kompetisie hoog laat brand. Die Stasie-span van Wellington (foto) het die prys vir die span met die beste stalletjie en spangees gewen.Foto: Lise Beyers