Dit is amper weer tyd vir die 4de jaarlikse Strides for Africa Walkathon van die World Fair Trade Organization (Africa and Middle East) in samewerking met die Drakenstein-munisipaliteit.
Die pretstap oor 5,2 km vind plaas op Saterdag 21 September en begin om 08:00 by die Ceciliastraat-ingang van Paarl- Arboretum.
Stappers op die roete – wat Bergrivier Boulevard insluit – sal die asembenemende natuurlike skoonheid van die Arboretum en die onmiddellike omgewing kan geniet.
Die Walkathon is kinder- en troeteldier-vriendelik. Honde moet net die heeltyd aan ’n leiband wees.
Die WFTO nooi mense van Drakenstein dus uit om ’n rustige stappie te onderneem ter ondersteuning van ’n goeie doel – die ondersteuning van plaaslike, volhoubare sakeondernemings.
Deelname is gratis en die eerste 400 inskrywings kry ’n gratis Strides for Africa Walkathon-T-hemp, waarvan 50 spesiaal vir kinders opsygesit is.
Daar is ook geldpryse vir die span met die meeste gees, die prettigste geklede man, vrou en kind, en gelukstrekkings.
As jy as individu wil inskryf, maak gebruik van hierdie skakel: https://rebrand.ly/walkathon2024
Om jou en jou kinders te registreer, maak gebruik van dié skakel: https://link.bawa.ai/widget/form/G59S1XXPD8o7dilxqKbG
Die registrasietafel sal die oggend van die Walkathon vir ’n kort rukkie oop wees, dus is mense welkom om ook daar te registreer.
Vir nader inligting oor die Strides for Africa Walkathon, kontak gerus vir Andrew Koopman by 060 717 1752.