Lede van die Paarlse landdroshof, die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), die Paarl-polisie, die organisasie Women on Farms, die Thuthuzela Care Centre in die Paarl en die Drakenstein-munisipaliteit se wetstoepassers het die afgelope Vrydag (29 November) saamgespan en ’n vreedsame optog van die landdroshof na die streekshof ten bate van die internasionale 16 dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders-veldtog gehou. Meer as 30 vroue, skoolleerders van die Paulus Joubert Sekondêre Skool en ’n groep mans het die optog bygewoon om die toename in geslagsgeweld in Suid-Afrika uit te lig. Foto: Jana Scheepers


Staatsamptenare maak stem dik teen geslagsgeweld

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article