St. Albans Primêr het die tweede agtereenvolgende jaar aan die Klapmuts-sewestoernooi deelgeneem. Hulle het in 2018 tot in die halfeindronde gevorder en derde geëindig, maar vanjaar het hulle as die kampioene van die Klapmuts-sewestoernooi weggestap. St. Albans het ’n uitstekende 15-tal wat in vyf wedstryde 250 punte teen hul teenstanders aangeteken en slegs vyf punte afgestaan het. St. Albans het Klein Nederburg in die eerste wedstryd geklop, Klapmuts in die halfeindstryd gewen en Paulus Joubert Sekondêr in die eindronde getroef. Die sewes word afgerig deur Adhiel Cassiem (eerste van links agter). Die spelers is Zavier Engeldoe, Winley McNeil, Aldrin Naude, Kennedy Jacobs, Edrique Langeveldt, Reeh-Sereek van Schalkwyk, Shekeël Jansen en Ashwill de Vries. Voor is Zaid Bird, Austin Pietersen en Leighton Carelse. Miguel Rooi, Nizaam Cassiem en Shane William was afwwsig toe die goto geneem is.Foto: