Die St. Albans Primêre Skool in Wellington hou Vrydag 15 en Saterdag 16 Maart ’n karnaval op sy skoolter­rein.

Dit beloof om ’n naweek propvol vermaak vir oud en jonk te wees met bekende sanggroepe en sangers, ’n mallemeule, verskillende stalletjies, kos en ander vermaak.

Toegang is 15 Maart R30 vir volwassenes en R20 vir kinders.

Die toegang is Saterdag 16 Maart R50 vir volwassenes en R30 vir kinders.

Ritkaartjies is by die skool beskikbaar teen R10 per rit. Voorafverkoopte kaartjies is beskikbaar teen R25 vir volwassenes (Vrydag) en R15 vir kinders. Maak gerus gebruik van hierdie afslag wat strek tot 15 Maart om 17:00.

Indien jy sou belangstel in ’n stalletjie moet jy die skool in skoolure besoek.

You need to be Logged In to leave a comment.