St. Albans Primêr in Wellington hou vanjaar sy 30ste karnaval op die skoolterrein.

Buiten die mallemeule, verskeidenheid stalletjies en heerlike kosse wat te koop sal wees, sal gaste deur bekende kunstenaars vermaak word.

Bekende kunstenaars soos Emo Adams, Robin Pietersen, Ashur Pietersen, Theo Watt, Youngsta Cpt, Cheswin Ruiters en Talitha is op die program en Waffels & Mo sal ook te sien wees.

Die karnaval hou groot belofte in om ’n naweek propvol vermaak vir oud en jonk te wees.

Koop jou kaartjies vooraf by die skool teen R25 vir volwassenes en R15 vir kinders vir Vrydag 13 Maart, en R45 vir volwassenes en R25 vir kinders vir Saterdag 14 Maart.

Kaartjies by die hek vir Vrydag kos R30 vir volwassenes en R20 vir kinders en vir Saterdag by die hek R50 vir volwassenes en R30 vir kinders. Ritkaartjies word vooraf by die skool verkoop teen R10 per kaartjie.

Mense wat ’n stalletjie wil bespreek, kan die skool by 021 873 2441 skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.