’n Laerskool in Wellington se leerders was onlangs oorstelp nadat hulle op hul sporttoer koning gekraai het.

St. Albans het in netbal, rugby en landloop teen Hantam in Calvinia meegeding.

Die St. Albans-onderwyser Jaffie Fischer het op sy beurt die lied van oorwinning “Sê vir ma en jou pa dis ’n St. Albans-ding” uit volle bors by die toerwedstryd tussen die twee skole gesing.

Ouers en leerders van St. Albans het die skare behoorlik vermaak met bekende liedere en danspassies.

Die seevierende o.13-rugbyspan van St. Albans het die laerskool Hantam van Calvinia 50-10 gewen.

Die o.12-netbalspan asook die o.13-rugbyspan het hul onderskeie wedstryde gewen, terwyl die o.11-rugbyspan gelykop gespeel het.

Die o.13-netbalmeisies het egter hul wedstryd verloor.

Johnray Le Roux van St. Albans Primêr het ’n driekuns in die wedstryd behaal en drie drieë gedruk, terwyl Nizaam Cassiem as speler van die wedstryd aangewys is.

Hantam kom aanstaande jaar in Wellington toer.

Moosa Douman, die skoolhoof, sê hy en sy personeel is trots op hul leerders en dankbaar vir ouers se ondersteuning.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 4 December 2025
    Paarl Post – E-edition – 4 December 2025

Gift this article