Tyd loop uit om in te skryf vir Paarl Post se Skolesportster van die Jaar-kompetisie .

Hierdie kompetisie duur nog tot einde Oktober, waartydens elke maand twee jong sportsterre – een in die hoërskool en een in die laerskool – deur ons paneel van beoordelaars as maandwenners gekies sal word. Die kompetisie is oop vir alle jong sportmanne en -vroue wat hul streek, provinsie of land in hul onderskeie sportkodes verteenwoordig het.

Vorige wenners van die kompetisie sluit in die Olimpiese atleet Vuyo Manyonga en die Springbok-rugbyster Handré Pollard.

Skole, afrigters, onderwysers, ouers en klubs mag hul sterre benoem.

Benoemings met ’n kort motivering oor hoekom iemand vir hierdie toekenning benoem word, plus ’n foto, kan per e-pos aan Lise Beyers by sport@paarlpost.co.za gestuur word. Anders kan benoemings by ons kantoor by Newstraat 1A (langs Virgin Active-gimnasium) afgelaai word.

Die maandelikse wenners sal in Paarl Post verskyn en elkeen sal ’n geskenkpakkie ontvang. ’n Glansgeleentheid sal aan die einde van die jaar gehou word waar die algehele wenners sowel as die gewildste wenner aangewys sal word. Bel Lise by 079 516 6941 of stuur e-pos na sport@paarlpost.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.