Die Laerskool Hugo Rust in Wellington was onlangs genooi na ’n sportnaweek by die Laerskool Hartenbos in Mosselbaai. Die o.13-hokkie meisies- en seuns, rugbyspelers en netbalspelers het aan die vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Die leerders het hierdie ervaring geniet en ná die tyd by die see gekuier.