Die aangesig van die ou Engen vulstasie op die hoek van Hoof- en Hospitaalstraat, word ten volle herbou.Foto:


Die amptelike opening van die langverwagte herboude en opgeknapte Engen-vulstasie op die hoek van Hoof- en Hospitaalstraat, Paarl, word Donderdag 8 Desember gevier.

Dit sal die eerste Engen-vulstasie van sy soort in hierdie deel van die Paarl wees en benewens die vulstasie sluit dit ook ’n Quickshop, Woolworths Foodstop en Café 365 met ’n bakkery in.

Die Woolworths Foodstop is ook ’n groot aanwins met hoëgehalte voedselprodukte weer terug na die Sentraal- en Noorder-Paarlse verbruiker nadat dié leemte gelaat is toe die groothandelaar sy deure in Lady Greystraat ná dekades gesluit het.

Café 365 is ook ’n eerste vir die Paarl met sy unieke bakkerykonsep.

Hierdie was voorheen slegs ’n Engen-vulstasie asook OmniCars-vertoonkamer en het oor slegs twee brandstofeilande beskik. Klante kan nou uitsien na ’n verbeterde en meer toeganklike uitleg met vier brandstofeilande, wat die vloei van die verkeer sal verbeter en meer klante sal kan bedien.

Die Woolworths Foodstop is 24 uur per dag en sewe dae per week oop en lewer daagliks net die varsste, beste gehalte produkte en eetgoed – sonder om enigiets prys te gee.

Die winkel se fokus is om net uitstekende diens en die beste gehalte produkte te lewer, asook bykomende waarde vir geld en gerief vir klante.

Die span van Engen was nog altyd trots op sy baie vriendelike en hulpvaardige personeellede en uitstekende diens, en hierdie waardes sal voortgesit en selfs nog verder verbeter word.

Die eienaars, die Minitzers-groep, is gedurig op soek na nuwe geleenthede om die Paarlse ekonomie uit te brei. Dit is hul passie om die Paarl deurlopend te vernuwe en te verbeter.

Hulle het die geleentheid gesien en ná baie jare se beplanning, ’n massiewe spanpoging en hope koördinasie het hulle uiteindelik Woolworths ook aan boord gekry om die nuwe Engen die lig te laat sien.

Hulle is vasberade om plaaslike mense aan te stel en die gemeenskap op te hef. Die twee bestuurders aan die stuur van sake is juis gebore en getoë Paarliete.

Dit was vir die Minitzers-groep natuurlik hartseer aan die begin van die projek toe die vorige gebou gesloop is, maar dit is uiteindelik met opgewondenheid vir ’n nuwe begin vervang.

Die ontwikkeling sal gewis ’n aanwins wees vir die hartjie van die Paarl, sy mense en besoekers.

You need to be Logged In to leave a comment.