As deel van geldinsameling vir die NGK-Wellington-Noord word ’n groot spitbraai en ook ’n veiling van kaartjies om deel te neem aan ’n wedvlug deur ’n aantal uitsoek-wedvlugduiwe op Vrydag 19 Mei by Nelson’s Creek aangebied.
Kaartjies om die spitbraai by te woon is te koop teen R200 per persoon.
Die kaartjies om aan die wedvlug van die duiwe deel te neem sal by die geleentheid opgeveil word.
Die prysgeld in die wedvlug beloop R10 000 vir die eerste duif wat inkom, R7 000 vir die tweede, R5 000 vir die derde, R3 000 vir die vierde en R2 000 vir die vyfde plek.
Daar sal ook nog ’n verdere R500 aan elk van die volgende vyf wenners uitbetaal word.
Meer besonderhede oor die spitbraai en die veiling van kaartjies om aan die wedvlug deel te neem, kan verkry word by 021 873 2763.