Speurders by Groot Drakenstein-polisie is op soek na Johnny Africa wat voorheen in Kylemore gewoon het.
Africa is ’n sleutelgetuie in die geregtelike doodsondersoek waarin die dood van Natasha de Villiers ondersoek word. De Villiers (33) het op 22 Julie 2018 vermoedelik haar eie lewe geneem. Africa is die eerste persoon wat op De Villiers se lyk in Kylemore afgekom het.
Enigiemand wat weet waar Africa tans woon of sy kontakbesonderhede het, kan kontak maak met speursersant Fabian van Riet by 021 874 8000.
. Detectives from Groot Drakenstein police are looking for Johnny Africa who used to live in Kylemore. He is a key witness in an inquest case.