Wellington Primêre skool het onlangs ’n rugbykliniek in samewerking met die Cornal Hendricks-stigting op die skool se sportterrein aangebied. U’alti Muaranqa (middel, agter), ’n o.18-rugbyspeler van Nieu-Seeland, saam met rugbyspelers van Windmeul Primêr.Foto: Jerry Seale


Die voormalige Springbok-rugbyspeler Cornal Hendricks se stigting in samewerking met Wellington Primêr het onlangs leerders van Wellington die geleentheid gebied om deel te neem aan ’n rugbykliniek.

Altesaam vier skole van Nieu-Seeland het in Suid-Afrika getoer en aan die o.18-skoletoernooi in Stellenbosch deelgeneem.

Dié spelers het Wellington besoek en ’n rugbykliniek op die sportterrein van Wellington Primêr gehou.

Die perseel het gewemel van rugbyspelers, leerders van nege tot 12 jaar, ouers, personeel en toeskouers.

Daar was selfs ’n groep toeskouers van Nieu-Seeland teenwoordig wat die dag aangenaam gemaak het.

Verskillende aspekte van rugby is gedemonstreer en die jong spelers het dit terdeë geniet.

Spoed en vaardigheid was aan die orde van die dag. Kinders het ook die geleentheid gehad om foto’s saam met opkomende All Black-spelers te neem.

Geskenke is aan die vier skole se bestuurders oorhandig in die vorm van die landsvlag met die skool se wapen daarop.

You need to be Logged In to leave a comment.