Die tweede jaarlikse Kobus Wiese- Paarl-Superseries-toernooi vind van 20 tot 25 Maart plaas. Die Paarl XV-rugbyspan wat gaan deelneem, bestaan uit spelers van ses skole in die Paarl en het Dinsdag hul rugbytruie ontvang. Die rugbywedstryde geskied by die Laerskool Noord-Eind. Die skole sluit in die Laerskool Noord-Eind (4 spelers), Dal Josaphat Primêr (3 spelers), Dalweide Primêr (4 spelers), Paarlzicht Primêr (4 spelers), Laerskool Paulus Joubert (5 spelers) en Groenheuwel Primêr (3 spelers).Foto: Chantélle Hartebeest