’n Groep fietsry-entoesiaste verbonde aan die Hoër Jongenskool Paarl het Vrydag (12 April) van die skool af vertrek onder ’n erewag van die leerders, om deur die nag met hul bergfietse na Oakdale Landbouskool in Riversdal te ry vir kopbesering-bewusmaking. Dit is onder meer om alle skole aan te moedig om hul mediese personeel en toerusting op peil te bring. Die Boishaaier Chris Jordaan het verlede jaar ’n ernstige kopbesering in die Noord-Suid-rugbytoernooi opgedoen. Hierna is die C8-bewustheidstigting op die been gebring om bewustheid oor soortgelyke beserings te skep asook om geld in te samel om die mediese toerusting by HJS op te knap. . Chris was onder die fietsryers asook die oud-Boishaaier en -Springbokrugbyspeler Corné Krige.