Gaywhin Isaacs, ’n rugbyspeler van Klein Nederburg Sekondêr, het aan die Patriot Rhinos-fees deelgeneem. Hy en ’n groep plaaslike spelers is gekies om in September na Spanje te toer. Hulle sal die Wêreldbeker-wedstryd tussen die Springbokke en Tonga in Marseille kyk. Isaacs benodig borge. Enigiemand wat kan help, kan sy pa Karools Isaacs by 060 408 9595 kontak.