Sandri Visser en Emma la Grange, leerders aan Laerskool Hugo Rust, is gekies vir die Western Cape Aquatics provinsiale swemgroep en die Cape Town Aquatics-swemgroep. Hulle kry ook albei volkleure vir die 2019-’20-swemseisoen.