Ek lees ’n onlangse bydrae van George Boshoff in Die Burger onder die opskrif “Die sewe doodsondes kom al lank”. En toe onthou ek weer die volgende bydrae wat ek in Julie 2017 gemaak het via onder meer die volgende aanhaling van Mohandas Gandhi:

There are seven sins in the world: wealth without work, pleasure without conscience, knowledge without character, commerce without morality, science without humanity, worship without sacrifice and politics without principle.”

Dis dus nou vyf jaar later met covid wat gekom en (hopelik) gegaan het en beurtkrag wat onbepland en amper onbeheers en verskoningloos op ons keuseloses afgewentel word, en vra dan weer:

Wat het sedertdien verander, beter geword, opgehou en dan vir seker ook: Watter van die bogenoemde sewe sondes soos uitgestippel deur seker een van die meer bekende “civil rights and freedom”- aktiviste word nie steeds daagliks en toenemend deur die kwansuis vername mense van die land gepleeg nie?


Pietie Traut,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 4 December 2025
    Paarl Post – E-edition – 4 December 2025

Gift this article