Sowat 43 kg van die onwettige dwelmmiddel is Maandag om 14:00 in Suider-Paarl deur die Paarl-polisie ontdek.Foto’s: Verskaf


’n Somaliër is Maandag (6 Junie) omstreeks 14:00 deur Paarl-polisiebeamptes in hegtenis geneem vir die besit van sowat 43 kg khat.

Volgens die polisiewoordvoerder kapt. Louise du Plessis was die manne in blou besig met roetine-patrollies toe hulle langs die verdagte se voertuig stilgehou en navraag gedoen het om die voertuig te deursoek.

“Dit volg nadat gesien is hoe bokse vanaf die vragmotor naby ’n aarbeiplaas in Suider-Paarl afgelaai word. Toe die polisie die voertuig deursoek is menige bokse met ongeveer 43 kg van dié onwettige dwelm ontdek. Verdere ondersoek het getoon die dwelms is uit Gauteng vervoer en was vir Bellville bestem nadat dit in die Paarl opgelaai sou word.”

Verdere ondersoek het getoon dat die dwelms uit Gauteng vervoer is en vir Bellville bestem was nadat dit in die Paarl opgelaai sou word.

Die geraamde straatwaarde van die onverwekte dwelms kom neer op sowat R176 000, bevestig Du Plessis.

Sy voeg by dat die verdagte op R1 000 borgtog vrygelaat is nadat hy in die Paarl-landdroshof verskyn het.

Hy moet weer op 20 Julie in die hof verskyn op aanklag van die besit van ’n onwettige dwelmmiddel.

  •  Khat is ’n onwettige dwelmmiddel wat afkomstig is van ’n plant met dieselfde naam. Vars khat-blare bevat katinoon – ’n skedule 1-middel ingevolge die Wet op Beheerde Stowwe. Skedule 1-dwelms, wat heroïen en LSD insluit, het ’n hoë potensiaal vir misbruik en dien geen wettige mediese doel nie.

You need to be Logged In to leave a comment.