Die tyd het weer aangebreek dat kragtige jong vroue dit waag om groot te droom, die status quo uit te daag en ander te inspireer om hul mag in die oë te kyk.
Die soektog het begin na die dinamiese opvolger wat in die voetspore van die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, sal volg en een van Suid-Afrika se mees prominente ambassadeurs en inspirerende leiers sal word.
Inskrywings vir die 2025 Mej. Suid-Afrika-kompetisie het Woensdag (2 April) om 14:00 geopen en sluit op Vrydag, 11 April 2025, om 18:00.
Le Roux deel belangrike raad met diegene wat voel hulle het wat dit vat om die leisels by haar oor te neem.
“Wanneer jy inskryf vir Mej. Suid-Afrika is dit belangrik dat jy dit doen met ‘n oop hart en ‘n oop gemoed, want hierdie reis sal jou regtig uitdaag om te verken wie jy is en waarvoor jy staan.”
“En, as jy die reis ten volle aangryp, sal jy hier uitstap en jouself soveel beter ken of jy die kroon ontvang of nie.”
Die mees belangrikste aspek, sê Le Roux, is dat deelnemers getrou bly aan wie hulle is en om outentiek te wees.
“Dit is hoe jy konsekwent sal wees. Wees ook voorbereid; ken jouself, ken jou land en wees ingelig oor die uitdagings wat vroue in die gesig staar. Jy moet ‘n sterk werksetiek hê, maar bowenal vriendelik wees. As jy sit en twyfel oor of jy moet inskryf of nie, gaan daarvoor. Jou stem kan ‘n voertuig vir verandering wees danksy die rol wat jy sal speel en met die ondersteuning van die Mej Suid-Afrika organisasie.”
Sy beklemtoon dat deelnemers nie perfek hoef te wees nie:
“Jy word toegelaat om mens te wees en dit is goed as jy nie altyd die antwoorde vir alles het nie, solank jy wys dat jy heeltemal in vrede is met wie jy is en dat jy altyd bereid is om te leer.”
Het om Mej. Suid-Afrika te wees aan Le Roux se verwagtinge voldoen?
“Om Mej. Suid-Afrika 2024 te wees was bo my verwagtinge. Jou lewe verander werklik vir altyd, maar jy kan ook werklik ander se lewens verander en herdefinieer wat dit beteken om ‘n kragtige vrou te wees. Met elke nuwe vrou wat gekroon word, word die definisie van ‘n kragtige vrou meer en meer omvattend.”
Suid-Afrikaners sal weer die finaliste leer ken deur die fassinerende Miss South Africa-werklikheidskompetisie-televisiereeks Crown Chasers.
Seisoen 4 sal meer episodes insluit en vir die eerste keer ooit ‘n post-finale reünie-episode insluit.
Die ouderdomsperking vir toegang is vanjaar verander.
As jy aansoek doen moet jy ten minste 20 jaar oud wees en onder 32 jaar oud wees teen 30 Augustus vanjaar.
Dit beteken dat ‘n deelnemer 32 jaar oud kan word binne haar jaar van bewind.
Voorheen kon ’n deelnemer net 30 jaar oud word in die jaar van bewind.
Daar is ook geen lengte of gewig spesifikasies of ander vereistes nie.
Diegene wat wil inskryf, kan dit op die Mej. Suid-Afrika-app doen of die kompetisie se webtuiste besoek.
Die skakel na hul inskrywingsvideo moet ook opgelaai saam met hul inskrywing.
Alle deelnemers moet inskrywingsvideo via hul persoonlike sosiale media-kanale indien.
Mej. Suid-Afrika word aangebied deur Weil Entertainment in samewerking met Sun International.
AFI is die amptelike modeborg.