‘n Dodelike brand by die Kudu woonstelle in Chicago het vanoggend (29 Mei) die lewens van ses mense – twee mans, ‘n vrou en drie kinders – geëis.
Die Drakenstein-brandweer het intussen die brand geblus. Teen die tyd van publikasie is dit onduidelik hoeveel mense beseer en dakloos gelaat is.
Die brand wat omstreeks 9:00 uitgebreek het, het versprei na naby geleë opslaan huise. Die polisie se forensiese eenheid is tans besig met ‘n ondersoek om die oorsaak van die brand vas te stel.
Paarl Post verneem dat die brandweer nie dadelik gekontak is toe die brand ontstaan het nie. Die inwoners het glo video-opnames geneem met die verwagte dat iemand anders reeds die nooddienste gekontak het. Ander het in skok toegekyk hoe die brand verder verwoesting saai het.
Let wel: Hierdie berig is opdateer om die nuutste verwikkelinge aan te bring.