Ná byna vyf maande van inperking begin die deure van toerisme in Suid-Afrika stadig maar seker weer oopgaan met die aankoms van vlak-2.
Vakansie-oorde en Sanparke word oorval deur mense wat wil vakansie hou.
Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, het vandeesweek op ’n aanlyn mediakonferensie verduidelik hoe die regulasies vir die toerismebedryf huidiglik sal werk:
• Pretparke, waterparke, dieretuine, akwariums, nasionale parke, wildreservate en vermaaklikheidsentrums mag almal heropen.
• Troues mag ook weer gehou word, mits 50 of minder mense teenwoordig is en mense nie van buffet-etes gebruik maak nie.
• Suid-Afrikaners mag ook by alle verblyfplekke in die land oorslaap.
• Eetplekke en kroeë drank mag bedien, maar werknemers moet teen 22:00, wanneer die aandklokreël inskop, by die huis wees. As eetplekke nie aan die aandklokreël gehoor gee nie, sal die eienaar en die bestuurder van die restaurant in hegtenis geneem en vervolg word.
• Troues mag ook weer gehou word, mits 50 of minder mense teenwoordig is en mense nie van buffet-etes gebruik maak nie.
• Geen beperking geld op die getal klante wat eetplekke mag bedien nie, solank as wat tafels 1,5 m van mekaar af is. Basiese gesondheidsmaatreëls moet deur alle ondernemings toegepas word.
Kubayi-Ngubane gesê as die situasie in die komende weke of maande verbeter, sal internasionale toeriste ook mag terugkeer.Die Toerisme Sakeraad van Suid-Afrika (TBCSA) het gesê die toerismebedryf verloor sowat R336 miljoen per dag – of 44% van die totale toerisme-inkomste – weens die afwesigheid van internasionale toeriste in die land.
Die TBCSA meen nog 300 000 mense in die bedryf gaan in die komende weke hul werk verloor en diegene wat oorbly, is ook steeds nie veilig nie.
Volgens Kubayi-Ngubane is daar nie geld vir ’n stimulus-pakket om die toerismebedryf aan die brand te skop nie, en moet toeriste daarom gelok word om die bedryf te laat herstel.