Colgate het onlangs die Laerskool Paulus Jou­bert se grondslagfase (gr. R-3) -leerders besoek om die kinders van goeie mond­higiëne bewus te maak. Die leer­ders was baie opgewonde oor die besoek en het elkeen ’n spoggerige tande­borsel en tande­pas­ta ontvang. Van links is Nicole (verteenwoor­diger van Colgate) saam met Diyana van Rens­burg en Jevatay van Rooi. Voor staan Ejay Minnaar en Liam van Niekerk.