Op Vrydag 4 Augustus bied die Rusoord huis vir bejaardes sy wintermark van 09:00 aan.

Inwoners word genooi om die mark te ondersteun waar hulle heerlike eetgoed van pannekoek tot pasteie tot poedings en heerlike kos by die koffiewinkel kan koop.

Daar sal ook tweedehandse klere, gebruikte boeke, plante, rose en juweliersware te koop wees.

Vir meer inligting oor die mark, kontak Joan-Anne by 082 442 6545 of by info@southernstroll.com

You need to be Logged In to leave a comment.