Sluit die jaar af met ’n feestelike piekniekstyl-Kerskonsert vir die hele gesin wat Vrydag 7 Desember deur die Old Mutual Insure Wellington Wynroete by Linton Park Wynlandgoed aangebied word.
Neem ’n kampstoel, kers en piekniekmandjie en geniet die aand in die pragtige Wellington.
Die hekke open 18:00.
Dié wat nie hul eie mandjie wil pak nie, kan ’n heerlike mandjie by Linton Park bestel teen R260 per mandjie (genoeg vir twee). Plaas jou bestellings vooraf by 021 873 1625 of tasting@lintonparkwines.co.za.
Kaartjies is beskikbaar by die Wellington-toerismekantoor in Kerkstraat of aanlyn by www.quicket.co.za teen R120 per persoon, R50 vir skoolkinders en gratis vir kinders onder 7.
Kindervermaak met ’n oppasser laat die ouers toe om die aand ontspanne te geniet.
Kaartjies sluit ’n glas wyn in uit die Wellington-streek in ruil vir ’n skenking aan StreetSmart.
Speel ook self Kersvader en neem ’n geskenkie vir die viervoetvriende of ou klere en speelgoed. Langlewekos is ook welkom.
Die geskenke kan by die Linton Park Kersboom gepak word op aankoms.