Die splinternuwe Afrikaanse Leeskring wat onlangs hul eerste byeenkoms op Wellington gehou het, beplan om ’n aantal gewilde en bekende Afrikaanse skrywers voortaan eenkeer per maand na Wellington te bring.
Volgens Ester Kotze van die boekwinkel by die Breytenbach-sentrum en een van die organiseerders van die nuwe Leeskring, was die eerste byeenkoms van die Leeskring ’n groot sukses. Die skrywer Rudie van Rensburg het kom gesels oor sy jongste boek Kamikazi en ook oor sy loopbaan as heeltydse skrywer.
Die nuwe Leeskring is deur Elsabe du Toit, voormalige bibliotekaresse by die Wellington-biblioteek op die been gebring, met die doel om nouer met die Breytenbach-sentrum te skakel.
Meer besonderhede oor komende byeenkomste kan by Ester Kotze by 021 873 7376 verkry word.