Elf leerders van die Laerskool Slot van die Paarl het onlangs by die Moorreesburg-jeugskou, wat op 6 September plaasgevind het, geskitter. Agter, van links is Gustav Marais (vyfde vir pluimvee junior), Jenise Kotze (derde vir perde), Kevin-Daniël Coetzee (eerste vir vleisbeeste), Adriaan Malan (tweede vir pluimvee junior) en Robert Kotze. Voor, van links, is Schalk Malan (derde vir pluimvee junior), Mia-Lana Gildenhuys (vierde vir pluimvee junior), Lienke Swarts (tweede vir melkbeeste junior), Karli Swarts (eerste in konyne-afdeling), Jan-Harm du Plooy (tweede vir vleisbeeste) en Juan Witsche (derde vir junior vleisbeeste).