Die narkotiseur, kunstenaar en rubriekskrywer dr. Heinz Modler (links) se boek En daar was dagga is op die onlangse byeenkoms van die Breyten-boekklub in Wellington bespreek. Die boek vertel onder meer oor die geskiedenis en wetgewing rakende dagga asook aspekte oor die medisinale gebruik en die moets en moenies daarvan. Onder diegene wat die geleentheid bygewoon het, was Daniël Smit, Dalene Leipoldt en Liezel Steenkamp, organiseerder van die boekklub wat by die Breytenbach-sentrum aangebied word. Alle belangstellendes word genooi na die volgende geleentheid (vandag, Donderdag 13 Februarie) wanneer die skrywer Lanie van Reenen oor haar boek, Net mooi fine, sal gesels. Bel Steenkamp by 082 774 7383 vir nog inligting. Foto: Engela Duvenage