Skrywers kan nou inskryf vir die Breytenbach-sentrum se Afrikaanse prosaskryfskool vir 2020.

Dié gesogte skryfskool word vir die sesde agtereenvolgende jaar deur die bekroonde skrywer Rachelle Greeff by die sentrum in Wellington aangebied.

Die eerste werksessie, met Suid-Afrika se voorste misdaadskrywer Deon Meyer as die gasspreker, vind in Februarie plaas. Daar is maandeliks ’n samekoms met die kursus wat in Oktober eindig.

Tussen dié sessies werk Rachelle via die internet individueel met elke stu­dent. Studente kry deurlopend werkop­dragte en gedetailleerde terug­voering van hul take, maar werk op hul eie tempo. Fokuspunte is die skryf van kortver­hale, romans, meningstukke (rubrieke), tydskrifstories, radiodramas en artikels vir die populêre media. Toneeltekste met potensiaal word ook oorweeg.

Die maandelikse koste van R1 500 sluit in ’n middagete, drink- en snoep­goed sowel as studiemateriaal. Aansoeke sluit 17 Januarie 2020 en suksesvolle aansoekers word 20 Januarie gekontak.

E-pos navrae aan Jessica Ruiters by info@breytenbachsentrum.co.za of bel haar in kantoorure by 021 873 2786. Rig enige navrae ook aan Rachelle by rageltjieg@gmail.com.

• Volledige besonderhede oor hoe om in te skryf, is beskikbaar by www.breytenbachsentrum.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.