Die Breytenbach Sentrum se skryfskool vir voornemende prosaskrywers, onder leiding van Rachelle Greeff, het só uitgebrei dat dit voortaan oor ’n tydperk van ’n jaar aangebied word.
Die einddoel van die kursus is dat die deelnemer ’n publiseerbare manuskrip, hetsy ’n roman of bundel kortverhale, aan ’n uitgewery kan voorlê vir moontlike publikasie.
Die kursus skop af op Saterdag 24 September en die koste is R1 500 per maand (insluitend ligte verversings en leesmateriaal).
Die kursus is intensief gefokus op manuskrip-ontwikkeling en daarom is daar beperkte plekke beskikbaar asook ’n keuringsproses.
Aansoekers moet óf tevore fiksie gepubliseer het, óf bewys kan lewer (tussen 1 000 en 2 000 woorde) van fiksie in wording.
Die aansoeke sluit op 15 September om 17:00 en moet gestuur word aan Theo Kemp by theokemp@breytenbachsentrum.co.za.