Inskrywings is nou oop vir die jaarlikse Wynland-fietswedren vir Sondag 28 Januarie 2024. Die ren begin en eindig by die Hugenote Laerskool in Wellington.
Twee renne word aangebied, met aanlyn registrasie, tydsberekening en gradering deur RaceTec onder die beskerming van die Pedal Power Association. Die renne begin in Generaal Hertzog-boulevard, en van daar af kan fietsryers op twee roetes in die landelike gebied ry.
Die eerste roete oor 102 km begin om 06:00 (inskrywingsfooi is R390). Dit is vir meer ervare ryers en sal ’n graderingsren vir die Kaapstad-fietstoer wees. Die roete neem ryers na Hermon, Riebeek-Wes en Voor-Paardeberg (Slentweg) en dan terug na Wellington op die R44.
Die tweede roete, oor 52 km, begin om 08:00 (inskrywingsgeld R290). Ryers volg die Lady Loch-pad en die R45 in die rigting van Malmesbury, draai links by die Slent-pad en sluit by die lang roete aan, en keer via die R44 terug na Wellington.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag 22 Januarie om 17:00, maar laat inskrywings sal op die dag aanvaar word teen R450 en R310 vanaf 05:00, tensy 2 500 ryers vooraf ingeskryf het.. Besoek www.winelandscyclerace.co.za vir nog inligting en om in te skryf.