Soos wat die einde van die eksamen vir die matrikulante nader kruip, wil ek hulle bemoedig en duidelik maak dat hulle hul beste gegee het.
Wanneer jy aan die begin van volgende jaar nie die uitslae kry wat jy verwag het nie, weet dat dit nie die einde van die wêreld is nie. Probeer weer, maak nie saak hoe moeilik dit is nie, probeer weer.
Vir die ander grade wat ook nou onlangs met hul eksamens begin het, wil ek ook voorspoed toewens.
Dit was ’n lang jaar, maar ná die toetse wat julle aflê wag ’n lekker lang vakansie.
Of dit nou by die skool is of by die huis, gee altyd jou beste. Skryf jou drome neer en herinner jouself daaraan. Maak ’n belofte aan jouself dat jy dit sal nakom, want niemand kan vir jou ’n blink toekoms gee behalwe jyself nie.
Werk hard, sit die tyd in, rus en geniet jou lewe.