Paarl Post en Paarl Mall se 2019-matriekafskeidkompetisie is in volle gang en is vanjaar oop vir meisies en seuns.

Matriekleerders word genooi om in te skryf vir die 12de agtereenvolgende matriekkompetisie wat oudergewoonte deur Paarl Post en Paarl Mall aangebied word. Die 12 finaliste wat die meeste stemme ontvang, sal in Paarl Post se uitgawe van Donderdag 21 November aangekondig word.

Om in te skryf, bring ’n foto van hoë gehalte na Paarl Post se kantoor by Nuwestraat 1A of stuur dit per e-pos na arlene.nyman@paarlpost.co.za. Foto’s moet gemerk word met die deelnemer se naam, skool en kontakbesonderhede. Inskrywings kos R60 elk.

Indien meer as vyf foto’s teen daardie tyd ontvang is, sal alle foto’s van 5 September af op Paarl Post se Facebookblad en Paarl Mall se webtuiste geplaas word. Al die deelnemers se foto’s sal ook weer op 7 November geplaas word.

Die 12 finaliste sal op 28 November hul rokke en aandpakke op die loopplank ten toon stel by ’n glansgeleentheid in Paarl Mall. Die wenner sal ook daar aangekondig word.

’n Paneel van beoordelaars sal die wenner en naaswenner kies. Slegs matrieks van skole in Paarl Post se verspreidingsgebied (Paarl, Wellington, Klapmuts, Franschhoek, Gouda, Saron en Hermon) mag deelneem.

Bel Ilse Fourie of Anemie Bruce by 021 870 4600 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.