Skou gaan blom

Die jaarlikse krisanteskou van die Wellington-krisantevereniging vind Saterdag 5 Mei plaas. Beoordeling begin reeds die Vrydagaand.


Die jaarlikse krisanteskou van die Wellington-krisantevereniging vind Saterdag 5 Mei plaas. Beoordeling begin reeds die Vrydagaand.

Deure open vir die publiek om 13:00 op die Saterdag en toegang is R10.

Brosjures sal ook beskikbaar wees.

Die aankondiging van die wenners vind tussen 14:00 en 15:00 plaas.

Vanjaar se gasspreker is Christo van der Rheede, adjunkuitvoerende hoof van AGRI-SA.

Volgens die kwekers was hierdie een van die mees uitdagendste jare om krisante te kweek weens die aanhoudende droogte.

Anders as ander jare kon die munisi­paliteit nie vanjaar toegewings maak met water nie, en moes die kwekers innove­rend dink om water te bekom.

Daar sal dus vanjaar minder blomme as ander jare op die skou wees, maar die klublede is vol vertroue dat die gehalte steeds goed sal wees.

Blomme sal te koop wees na afloop van die skou in die Wellington-stadsaal (16:00) en weens die hoë insetkoste sal blomme vanjaar effens duurder wees: Vier krisante sal teen R50 beskikbaar wees.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.