Die Anna Williams-omgewingsklub van St. Albans Laerskool het Saterdag in samewerking met die Wellington-aksiegroep, Breaking Barriers en die Wellington-sportforum ’n skoonmaakoptrede by Bloekomlaan van die swembad af tot in Blignautstraat gehou. Dit was ook ’n boodskap aan die gemeenskap om nie meer rommel te strooi nie en toe te sien dat kinders in ’n skoon en gesonde omgewing grootword. Anna Williams het en gaan nog meer jeugorganisasies nooi om deel van dié skoonmaakoptredes te word. Die skool het sy opregte dank en waardering aan Midway Superette en Essential Health, wat skenkings gedoen het, asook Faqeer Albertus uitgespreek.Foto: Roswall de Vries