Johnico Abrahams is ’n veelsydige krieketster van Hillcrest Primêre Skool.Foto: Charl Williams


Onthou gerus die naam van die gr. 7-leerder Johnico Abrahams.

Dié veelsydige o.13-krieket­speler van Hillcrest Primêr in Wellington het 115 lopies van net 69 balle gemoker (21×4 en 2×6) in ’n T20-wedstryd teen Wellington Primêr op Pen Basson-krieketveld.

Johnico was in ’n vernie­tigende bui met die kolf en deel ’n lopievennootskap van (148) saam met Gino Hermanus (32).

Dié 12-jarige kranige krieketspeler het ook met die bal uitgeblink. Johnico is ’n draaibouler en spog met ’n boulontleding van 6/2 in sy vier beurte.

Die seun van Wellington het seker gemaak sy skool, Hillcrest Primêr, wen met 91 lopies.

Die Proteas se T20-openings­kolwers en draaibou­lers kan gerus ’n bladsy uit Johnico Abrahams se boek skeur.

Hy is ook gekies om deel van die Louis Clive Small-krieketaka-demiespan te wees wat later vanjaar Suid- Afrika in Indië sal verteenwoordig.

Toevallig noem Johnico dat Mahendra Singh Dhoni (kaptein kolwer/paaltjiewagter) en Yuzvendra Chahal (bouler) van Indië sy rolmodelle is.

Johnico noem ook dat hy al van jongs af sy liefde vir krieket ontwikkel het en sal graag eendag ’n professionele krieketspeler wil word.

Hillcrest Primêr se skoolhoof, Julius Williams, en die afrigter Hilton Cuttings is vol lof vir die 12-jarige. Johnico benodig egter R33 000 vir die toer na Indië wat van 20-30 Maart sal plaasvind. Enige persoon wat wil help, kan die skool skakel by 021 873 4145.

You need to be Logged In to leave a comment.