Die 16-jarige skoolmeisie van Hoërskool Wellington wat onlangs skielik dood is, is die afgelope naweek in haar tuisdorp, Hermon, te ruste gelê.

Die dood van Anzelle Sheldon het die Wellington- en Hermon-gemeenskap geruk toe sy een oggend by die skoolingang inmekaar gesak het en kort daarna dood is.

Die presiese oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie, maar die vermoede is dat sy aan hartversaking dood is. ’n Lykskouing is gehou, maar dit sal ’n geruime tyd neem voordat die uitslae hiervan bekend is.

Gerugte dat Anzelle dood is omdat sy die oggend na bewering ’n energiedrankie gedrink het, is as onsin afgemaak.

Die polisie waarsku die publiek om nie valse gerugte oor Anzelle se dood te versprei nie.

Haar ouers, Simon en Cheryl Ann, is steeds geskok oor die skielik dood van hul oudste kind.

Die begrafnisdiens is by haar ouerhuis in Agterstraat gehou, waarna die kerkdiens in die Ou Apostoliese Kerk in Hermon geskied het.

Ná afloop van die begrafnisdiens het Brumilda September van Hoërskool Wellington se skoolbeheerraad die Van Wykvlei-gemeenskap bedank vir bydrae tot begrafnis.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 4 December 2025
    Paarl Post – E-edition – 4 December 2025

Gift this article