Skoolkoor sing uit volle bors

Hugenote Hoërskool se skoolkoor het onlangs oudergewoonte sy jaarlikse galakonsert in die kerksaal van die NG Moedergemeente aangebied.


Hugenote Hoërskool se skoolkoor het onlangs oudergewoonte sy jaarlikse galakonsert in die kerksaal van die NG Moedergemeente aangebied.

Hulle het voor ’n stampvol saal onder meer die program wat hulle ook by die Wêreldkoorspele gesing het, uitgevoer. Ander musiek was “Lig op die horison”, “Kyk hoe glinster die maan” en “This is Me”.

Die gaskunstenaar was die operasangeres Janelle Visagie (wat die rol van Moederowerste in die internasionele Sound of Music gesing het). Sy het die verhoog met André Terblanché, Megan de Waal, Jan Olivier en Stephan Lombaard gedeel.

Winand Grundling en Schalk Wasserman was verantwoordelik vir die begeleiding en slagwerk. Die koor staan onder die leiding van Johann Enslin.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.