Suid-Afrika se glansryke skole-atletiekbyeen­koms, die Twizza-superskole reeks, het Saterdag 1 Februarie by die Universiteit van Pretoria plaasgevind. Altesaam 40 skole het by die streekrondes gekwalifiseer om aan dié top-15-byeenkoms deel te neem. Hoër Meisieskool La Rochelle het puik presteer en algeheel die nasionale vierde plek behaal. Daardeur het die Larries bewys dat die skool tans die beste atletiekspan in die Wes-Kaap is. Die atletiekkaptein, Elke van der Westhuizen, is trots op haar mede-atlete se prestasies.


Skool presteer by reeks

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 4 December 2025
    Paarl Post – E-edition – 4 December 2025

Gift this article