Skool moet moontlik sluit

Gerugte doen die ronde dat ’n landelike skool sy skoolhekke binnekort vir sy leerders moet sluit.


Gerugte doen die ronde dat ’n landelike skool sy skoolhekke binnekort vir sy leerders moet sluit.

Voor-Groenberg Primêre Skool buite Wellington, wat in 1960 gestig is, bestaan uit 80 leerders van graad R tot 4, vier onderwysers en ’n finansiële beampte.

Volgens ’n ontstoke ouer dien die skool dié gemeenskap.

“Ons kinders is baie gelukkig by die skool en leer ook soos ander kinders by ander skole,” sê die ouer wat vir veiligheidsredes anoniem wil bly.

Millicent Merton, ’n woordvoerder van departement van onderwys, meen dat daar nog nie met ’n formele proses rakende die moontlike sluiting van Voor-Groenberg Primêre Skool begin is nie.

“ ’n Informele konsultasieproses is saam met die gemeenskap van stapel gestuur om die opsies vir die gebied te bespreek,” sê Merton.

Verder meen sy die distrik hersien voortdurend onderwysvoorsiening in die gebied en dit is deel van die proses.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.