Die Paarl-gemeenskap en oudstudente asook oudonderwysers word genooi om die jaarlikse skoolbasaar van die Laerskool Paulus Joubert, wat Saterdag 12 Oktober op die skoolterrein plaasvind, by te woon.
Paulus Joubert, wat vanjaar sy 65ste bestaansjaar vier, beloof dat die basaar soos altyd ’n wonderlike dag en heerlike atmosfeer sal bied. Die basaar is ’n fantastiese geldinsamelingspoging en ook ’n samekoms vir die gemeenskap. Onder meer tuisgebakte lekkernye en koeke, lekkergoedmandjies, worsrolletjies, koeldrank, groente, spookasem, hoendervlerkies en skyfies sal verkoop word. ’n Springkasteel sal deel van die lekker pret wees.
Merk jou kalender af, maak gereed vir pret en winskopies en kom beleef die goeie gemeenskapsgees. Koepons is by die skool te koop vir dié dag. Vir verdere navrae, kontak die skool by 021 862 3690 of bel 068 243 1594.