Die Laerskool Paulus Joubert se jaarlikse derbykragmeting teen Charleston Hill Primêr word op 6 en 7 September beslis. Eersge­noem­de vier vanjaar sy 65ste bestaansjaar.

Die derbyfees begin reeds môre (Vrydag 30 Augustus) wanneer albei skole hul Big Brag hou. ’n Dans word ook Vrydagaand as deel van derby-geldinsameling by die Platinum Lounge gehou.

Die eerste derbywedstryd begin op 6 September op Charleston Hill Primêr se skoolvelde. Die basketbal-, skaak- asook die o.9- en o.11-sokkerspelers se wedstryde sal hiér gespeel word.

Saterdag 7 September is die gróót dag waar alle wedstryde op die Laerskool Paulus Joubert se velde gespeel word. Wedstryde wat op hierdie dag sal plaasvind, is netbal-, rugby- asook die o.13- sokkerspanne.

Al die spanne is slaggereed om mekaar aan te pak vir die wentitel. Hulle sien uit na ’n lekker sportgees atmosfeer wat almal sal geniet.

Oudstudente en ondersteuners van albei skole word genooi om die byeenkomste asook die derbywedstryde te ondersteun.. Bel Godfrey Gert­ze, die adjunk-hoof van die Laer­skool Paulus Joubert, by 021 862 3690 of 068 243 1594 of stuur e-pos na paulusjoubert.prim@­wcgschools.­gov.za vir navrae.

You need to be Logged In to leave a comment.